|
Netwerk Christelike Afrikaner Belangegroep
Beste Netwerk Vriend,
Op versoek van een van u vriende of uit ons vorige kontak, neem ons die vrymoedigheid om hierdie e-Brief uit ons kantoor aan u te versend. Die gedagte is om inligting sover moontlik te deel. Ons sal die briefie kort hou en waar die inligting lywig is, ʼn opsomming hier weergee met ʼn skakel na ons webwerf waar u dan die hele storie kan lees.
Besoeke aan die webwerf is dus net nodig om die debat in “Oop Gesprek” op ons web te volg of om meer inligting te kry van sake waarvan ons hier slegs ʼn opsomming plaas. Verskaf asseblief nog e-pos adresse van mense wat u meen die nuus en inligting sal waardeer. (Vra sover moontlik hul toestemming en wees verseker dat ons dit aan niemand sal verskaf nie. U sal ook merk dat u nie op hierdie boodskap kan sien aan wie dit almal versend is nie.!)
As u nie hierdie brokkies wil ontvang nie, laat my net weet asseblief.
(Die eerste drie en laaste twee items sal jou nie baie interesseer as jy buite Namibië bly nie)
(Om dadelik na ʼn item te gaan, klik op die onderstreepte deel.)
|
|
Knoop hierdie datum vas en maak seker u is beskikbaar daardie aand.
Die doel van die aand is om Netwerk, die ATKV en die Voortrekkers kans te gee om hulle aan mekaar voor te stel. Die Voortrekkers is byvoorbeeld besig met nuwe dinge rondom hulle eiendom in Namibië en ons sal onder andere mooi daaroor ingelig word.
Van die Voortrekkers kom:
Van die ATKV
Van Netwerk
Vermaak vir die aand deur: Ruben Lennox
Datum: 2 Augustus 2007 Tyd: 18:27 Plek: Deo Gloria Sentrum (Schlettweinstraat, Pionierspark, Windhoek) Verversings - Gratis
Bywoning is gratis maar u moet bespreek by een van die volgende:
|
|
Die Afrikaner 300 Produksie
Die datums van hierdie skitterende toneelstuk het verskuif na Oktober om saam te val met ons jaarvergadering. U moet hierdie aanbieding nie misloop nie, dit het baie goed gedoen by die KKNK, Aardklop en by verskeie ander feeste in die RSA.
Datum: 18 en 19 Oktober Tyd: 18:31 Plek: Eros NG Kerk (Omurambaweg, Eros, Windhoek) Toegang: R70
Vir meer inligting oor hierdie toneelstuk volg die skakel: http://netwerk-plek.org/afrikaner_300_inligting.htm
|
|
Ons het die jaarvergadering gereël om saam te val met die toneelstuk. U sal dus twee vlieë met een klap doodslaan as u sorg dat u dan in Windhoek is. Die middag hou ons jaarvergadering, die aand kyk ons die Afrikaner 300 toneel!
Ons wil die agenda vasmaak en versprei in die eerste week van Oktober. Enige beskrywingspunte en mosies moet ons bereik voor einde September. Maak seker dat u lidmaatskap in orde en u ledegeld op datum is, sodat u volledig kan deelneem.
As u buite Namibië is en tog wil deelneem, moet u my kontak sodat ons kan planne maak en die tegnologie inspan.
|
|
Geroep tot kop-optel vir die werk wat wag! Fika J van Rensburg Teologiese Skool Fika.JanseVanRensburg@nwu.ac.za 2007-04-11
Ek is Christen en Afrikaner. Albei van geboorte af, maar ook albei vanweë bewuste besluite as volwassene. Dit is nie maar net my lót om Afrikaner te wees nie: ek wíl dit ook wees! En: ek is nie Christen bloot omdat my ouers dit is nie, maar omdat ek bewustelik Christus nie net as my Verlosser erken nie, maar as die Báás van my lewe: dié Een wat hier-en-nou my doen en late, my praat en stilbly, my hele leefstyl bepaal. En in hierdie Brandpunt wil ek juis oor hierdie Christen-Afrikanerskap praat, onbevange praat, van die knieë af uit die hart uit praat. Solidêr om ’n dubbele rede: ons gemeenskaplike Afrikanerbloed, én ons sáám skoon-gewas-wees deur Christus se bloed.
Hoe voel jy oor die feit dat jy as Christen, Afrikaner is? Regtig! Eerlik! Diep binne-in? Soos wanneer jy met jou beste maat hart-uit-praat?
Voor ons hierdie vrae kan beantwoord, kom ons kyk mekaar eers nog dieper in die oë: hoe moet ons oor onsself en ons verlede voel? Lees die hele artikel
|
|
Met die hulp van die ATKV hier in Namibië soek ons nou na die beste bydrae in “Oop Gesprek”. Almal kan deel neem en daar sal vir ten minste die volgende pryse wees: · Die beste bydrae deur ʼn hoërskoolleerling · Die beste bydrae: ope afdeling · Die beste bydrae deur ʼn groep (klas of span) Alle bydraes vanaf 1 Julie tot 30 September kom in aanmerking.
Die pryse sover vir die bogenoemde is:
Ons het aanduidings dat hierby toegevoeg kan word. Soos dit bevestig word sal ons laat weet. Die pryse word oorhandig op 18 Oktober tydens die jaarvergadering.
As u sukkel om u bydrae te maak of meer inligting wil hê, skakel gerus.
|
|
Nuwe Afdeling by ons Webwerf
Ons het reg van die begin af beplan om ʼn plekkie op ons webtuiste in te ruim, waar ons geliefdes kan onthou. Geliefdes wat nie meer met ons is nie.
As u na ons forumindeks gaan by http://netwerk-plek.org/phpbb2/index.php sal u daar drie kategorieë merk. · Besprekingskamers · Mense · Netwerk Lede
Die nuwe afdeling is ingerig onder “Mense” en heet “Ons sal Onthou”.
As u ʼn geliefde verloor het en ietsie hier wil oprig ter nagedagtenis, kan u gerus gaan kyk hoe ons dit gedoen het. Ek help graag indien u belangstel.
|
|
Onderhandelinge met Kobus Rossouw die bestuurder van die Rapport Onderwys Fonds het goeie vrugte afgewerp. Netwerk se beurs sal aanvanklik deur die ROF administreer word.
Voornemende Studente moet nou baie mooi oplet. Enige persoon uit Namibië kan soos in die verlede by die ROF aansoek doen om ʼn beurs. As aansoeker kompeteer u met al die aansoeke en staan u presies dieselfde kans om gekeur te word as die ander aansoekers in die RSA en elders.
Wat verander met Netwerk se toetrede is dat daar nog ʼn bykomende aansoek van iemand uit Namibië goedgekeur kan word.
Belangstellendes moet ʼn aansoekvorm bekom en die voltooide vorm via Netwerk na die ROF versend. Ons sal ʼn brief byvoeg en die aansoek aan die ROF lewer.
Persone wat wil bydrae tot die fonds moet ons by Netwerk kontak sodat die korrekte reëlings vir u bydrae getref kan word.
|
|
As Afrikaners is daar baie dinge wat ons met reg en rustigheid in belang van slegs ons eie mense kan doen. Misdaadvoorkoming is nie een daarvan nie. Op hierdie terrein moet ons oor die hoë mure loer en hande vat met ander in die lande waar ons woon.
ʼn Mens kan in elk geval net sover gaan met jou eie beveiliging. Op ʼn stadium en ten opsigte van so baie maniere en terreine wat die boewe ons lewens indring, is die veiligheidsheinings, spreekwoordelik en letterlik, net nie dig genoeg nie.
Die Netwerk dagbestuur het dit wys geag om ons gewig in te gooi by die misdaad voorkomingsinisiatief wat deur Nico de Klerk, en saam met hom onder andere, Niek Tromp en Maartin Pool van stapel gestuur is.
Onder leiding van hierdie manne het ʼn klein groepie, uit verskillende sektore van die samelewing/ekonomie op Saterdag 16 Junie 2007 ʼn dinkskrum gevorm waaruit verskeie (voorlopige) doelstellings en aksieplanne na vore gekom het, uit ʼn proses waarin Bertus Kruger ons gelei het. Visie / Missie
Om ʼn sinvolle en betekenisvolle bydrae te lewer tot die skepping en instandhouding van ʼn gesonde (veilige, regverdige, vredevolle, ordelike en stabiele) samelewing waarin mense hulle volle potensiaal kan uitleef.
Doelstellings
1. Om ʼn doeltreffende misdaadforum te skep en te onderhou 2. Om ʼn nasionale misdaadvoorkomingsbeleid te help daarstel 3. Om paraatheid te bevorder 4. Om bewus te maak en inligting te versprei 5. Om gesonde waardesisteme te vestig en uit te bou 6. Om ʼn doeltreffende regstelsel te bevorder
Ons vertrou dat daar, in belang van u eie toekoms, oorweldigende steun en entoesiasme vir hierdie poging sal wees.
|
|
Groete Koos Keyser +264 81 128 0588 Ns. As u nie hierdie brokkies wil ontvang nie, laat my net weet asseblief. Verskaf asseblief nog e-pos adresse van mense wat u meen die nuus en inligting sal waardeer. (Vra sovêr moontlik hul toestemming en wees verseker dat ons dit aan niemand sal verskaf nie. U sal ook merk dat u nie op hierdie boodskap kan sien aan wie dit almal versend is nie.!)
|