Netwerk Plek Kenteken
 
 
FAK-toekenning vir Nico Tromp PDF Print E-mail
Written by Koos Keyser   
Wednesday, 11 December 2013 10:53

Republikein Woensdag, 2013-11-20 

http://www.republikein.com.na/kultuur/fak-toekenning-vir-nico-tromp.214802

 

Hier oorhandig prof. Danie Goosen (links), voorsitter van FAK, die FAK Toekenning vir Uitnemende Leierskap aan Mnr. Nico Tromp (regs).

Afrikaners wat diep spore in die sakewêreld, onderwys, uitsaaiwese en kultuur getrap het, is onlangs in Pretoria deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) vereer.


Mnr. Nico Tromp het die FAK-toekenning vir Uitnemende Leierskap ontvang vir sy saakmakende en rigtinggewende leierskap, harde werk en deursettingsvermoë. Dit is die eerste keer sedert 1929 dat die FAK 'n Namibiese burger op dié wyse vereer.
Tromp is onder meer 'n stigterslid van die Namibiese effektebeurs, hoofbeskermheer van die Voortrekkers en het 'n selfhelptrust geskep vir die bevordering van die Afrikanerkultuur in Namibië.


Nicolaas Cornelius Tromp is op 13 April 1949 in Windhoek gebore en het 'n BCom-graad aan die Vrystaatse Universiteit behaal. Vanaf 1974 werk hy by Nictus Beperk en dien sedert 1979 as besturende direkteur en voorsitter van verskeie direksies van die Nictus-groep. In 1998 het die groep sy sakebelange na Suid-Afrika uitgebrei hy dien ook as besturende direkteur van Nictus RSA.


Hy was ook voorsitter van die Veritas Eksekuteurskamer, direkteur van Nictus Holdings Beperk in Namibië en het op verskeie trusts vir 25 jaar diens gelewer. Hy is vir die afgelope 15 jaar lid en voorsitter van die Afrikaanse Sakekamer in Windhoek.

 

Last Updated on Wednesday, 11 December 2013 11:12
 
PDF Print E-mail

Wat is Netwerk?

Netwerk is eerstens 'n organisasie wat bestaan uit ’n netwerk van lede wat hulself as Afrikaners sien en wat uit 'n behoefte na kontak en behoud van hul eie, op 'n manier wil hande vat daarvoor, maar ook tot die uitleef van hul roeping ten opsigte van ander en die land waar hulle woon. Tweedens is Netwerk 'n organisasie wat kontak en bande bewerk tussen sy lede, Afrikaner en Afrikaanse organisasie asook met Afrikaners in die algemeen.

Netwerk is vir hierdie doel gestig op Oktober ‘06 te Windhoek.

Grondslag:

Die grondslag van Netwerk is die Bybel as die Woord van God en dus rigtinggewend vir die hele lewe.

Strewe:

Die strewe van Netwerk is om uitgaande van sy Bybelse grondslag;

  • Diensbaar te wees aan en by te dra tot die ontwikkeling van Afrikaners tot uitnemendheid op elke terrein van die samelewing en in belang van die gemeenskappe en land waar hulle woon.
  • Diensbaar te wees in die bevordering van die belange van Afrikaners en daardeur ook tot voordeel van die gemeenskappe en land waar hulle woon.
  • Diensbaar te wees in die bemagtiging van Afrikaners op alle lewensterreine om sodoende hul welvaart te help verbeter en daardeur ook die gemeenskappe en land waar hulle woon.

Ons is 'n nie-politiese, vrywillige, Christelike Afrikaanse organisasie. As sulks wil ons 'n heenkome vir Afrikaners van alle politieke en ander oortuigings wees.

Hoe word ek Lid?

Om dit so maklik as moontlik te maak is daar twee maniere waarop u kan aansoek doen om lidmaatskap.

Die eerste is om ons bestuurder Koos Keyser te kontak, by die nommers of e-pos adres, wat hieronder verskyn. Hy sal u dan help om 'n aansoek vorm te bekom en die nodige te doen.

Koos Keyser
Sel: +264 85 128 0588
Tel: +264 61 25 4461
e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Die ander manier is om onder Lede Sake 'n aansoek in te vul

 

 

Weet Jy van?

Hier onder wys inligting uit ons databasis. Volg die skakel om deur die inligting te blaai of te soek


Advertensie: Persoon

Wie of Wat wil U adverteer?

Lees Meer »


Advertensie: Produk

ROF Beurse

Lees Meer »


Kopiereg © 2007 tot 2016 - Netwerk-Plek.org - Alle Regte Voorbehou