Netwerk Plek Kenteken
 
 

Advertensies:


Advertensie: Produk

ROF Beurse


Die Rapport Onderwysfonds is ‘n gesamentlike projek met 4 prinsipale deelnemers: Rapport, Die Afrikanerbond, Solidariteit en Die Dameskring. Die Rapport Onderwysfonds is ‘n landswye fonds wat Afrikaanse onderwys en opleiding op verskeie terreine bevorder en ondersteun. Dit is ‘n gesamentlike projek tussen Rapport, die vakbond Solidariteit en die Afrikanerbond. Onderwys en opleiding in Afrikaans verseker dat Afrikaans ‘n funksionele landstaal bly. Die hoofdoel van hierdie fonds is om deur onderwys en opleiding die volhoubare gebruik van Afrikaans as funksionele landstaal te bevorder. Die fonds bied die geleentheid aan jongmense om ‘n toekoms in Afrikaans te skep. Die Fonds het Artikel 18A belastingvrystelling. Enige geldelike toekennings by wyse van lenings/beurse/skenkings kan alleen aan persone gedoen word via ‘n instelling wat ingevolge Artikel 18A van die Inkomstebelastingwet geregistreer is en dieselfde vereiste geld vir skenkings/lenings aan instansies/instellings. Sertifikate word uitgereik aan instellings en individue wat bydraes maak ten einde hierdie bydraes te kan aftrek van belasbare inkomste. Toekennings word op ‘n totaal nie-rassige basis gedoen. Die Fonds het sedert 2004 reeds meer as 640 leningsbeurse by 13 verskillende tersiêre instansies toegeken - vir 2008 is 165 leningsbeurse ter waarde van R1 854 000 toegeken.

Kontak besonderhede

Melani Gerber
+27 12 644 4428 / 4390
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Solidariteit Helpende Hand Administratiewe Beampte: Afrikaanse Beursinstituut www.helpendehand.co.za www.solidariteitradio.co.za www.rapportonderwysfonds.co.za
Solidariteit Helpende Hand Administratiewe Beampte: Afrikaanse Beursinstituut www.helpendehand.co.za www.solidariteitradio.co.za www.rapportonderwysfonds.co.za


Kopiereg © 2007 tot 2017 - Netwerk-Plek.org - Alle Regte Voorbehou